kbcl En

Kom deel 'n kantoor

Kreatiewe samewerking in die Kaapse Boland.


Paar pot plante op staanders met skerm in agtergrond Buddha standbeeld met Bougainvillea blare in skoot
Vyf vuiste bymekaar in samewerking Kat op lessenaar wat homself lek Oopplan kantoor met groot vensters en moderne ontwerp
×

Visi.


Ons sien ‘n gedeelde kantoor ruimte waar ons kan werk en saamwerk met entrepeneurs wat langs die selfde lyne as ons dink hier in die Boland van die Wes-Kaap. Kom ons werk waar ons woon in die Paarl en Wellington.

Plaaslik.

Ons wil ‘n inspirerende werksomgewing skep wat omring is met kuns en na aan natuur lȇ. Ons wil alles hȇ: toegang tot ‘n park, naby koffie kafees vir kliënte afsprake, naby publieke vervoer roetes en ‘n parkeer ruimte. Die klink veel meer aanloklik as om van die huis in kluisenaarskap te probeer werk of om in verkeer te moet pendel na die middestad toe - daardie sinneloosheid is gedoen en gedaan.

Skeppend.

Ons verwelkom skeppende indivdue wat verdwyn by die huis en verkwyn in onderdrukte kantore. Ons roep alle neigende vryskutte, entrepreneurs, skeppende professies en wereldsreisers wat ‘n kantoor basis met mening soek om te werk en te deel.

Samewerking.

Beweeg na die werkswyse van die toekoms, waar ‘n ekonomie van meedeling, verantwoordlike bronverbruik en samewerkende idee uitruiling aanspoor. Ons streef om die plaaslike ekonomie te ondersteun deur ‘n oop en hulpvaardige werksomgewing te skep waar plaaslike diensverskaffers verwelkom word.

Indien u belangstel, kan ons verder gesels oor ‘n vaardigheidsuitruiling inisiatief. Ons verstaan as entrepreneurs dat kontant betaling net een manier van energie verruiling is. Ons wil plaaslike klein- en eenmansake ondersteun in ‘n kreatiewe werksverruilings omgewing.

Bekostigbaar.

Ons wil verskillende lede opsies aanbied wat ‘n deel kantoor ‘n anloklike keuse maak. Deur die oorhoofse kantoor kostes, asuransie en geriewe te deel, maak besigheidsin vir ‘n bekostigbare werksplek.

Meedelend.

Dink jouself in hoe jy die gebou binnekom en gegroet word deur ‘n verwelkomende ontvangs. Waar jy jou lessenaar kan bespreek, optop met breeband internet. Waar jy toegang het tot VOIP telefoniese sisteem, ‘n swart en wit laser drukker en ander kantoorbenodighede… en dit is net die ontvangs!

Gemeenskap.

Ons wil ‘n rigvaardige werksomgewing bied. Hierdie gemeenskap verdien veeldoelige ruimtes vir doelwit werk. Ons sien beeld ‘n oop-ruimte kombuis vir kookkuns en opgewekte gesprekke. Ons het die basiese nodig: toegewyde werksruimtes om op ons drome, planne en daaglikse take te fokus - weg van afleidings van die huis.

Oopkop.

‘n Kalm dink scrum omgewing gee ‘n heenkome in die meditasie en Joga ateljee. Die veeldoelige, maar gefokusde ruimte sal vir gemeenskaps, netwerk en inligting byeenkomste gebruik word.

Veilig.

Ons tegnies vaardige fundi fokus op sekuriteit en toegang. Ons almal het veilige fiets en motorkar parkeering nodig. Gekontroleerde toegang met afdruk identifikasie sal verlenge fasiliteitsgebruik moontlik maak, want ons weet skeppende werk gebeur nie net tussen nege en vyf nie.

Groen.

Ons sluit die visi af met die omgewings bewuste dryfkrag wat ons na strewe in byde leefstyl en werksetiek. Met elke besluit, hoop ons om ‘n voetspoor te los wat ‘n kleiner impak laat of selfs herlewing kan meebring. Besluite soos hoe ver moet ons pendel tussen tuiste en kantoor, die geboue waarin ons leef, die manier hoe ons met ander saamwerk, selfs die manier hoe ons besigheid deesdae herdefinieer. Ons wil ruimtes in innoverende en veel-doelige maniere gebruik. Ons wil verantwoordlikheid neem vir ons energie en waterbron verbruik in ons kombuis, toilet en tuin geriewe. Asook die gebou aanpas vir hernubare energie verbruik.

Ons bevorder ‘n kultuur wat minimale vermorsing beoefen, deur eerstens bewuste verbruikers te wees en dan sisteme te bied wat herwinning ondersteun. Ons sorg vir die holistiese gesondheid van ons gemeenskap deur natuur in te verwelkom in die werksplek met voedsel- en suurstof produseerende plante.

Troeteldier Vriendelik.

Het ons genoem hoe mal ons oor lekker werk? Veral skeppende werk! Ons is net so mal oor skeppende mense, maar ons is verskriklik lief vir diere! Hierdie gedeelde kantoor sal ‘n troeteldier vriendelike heenkome bied. Dis vir troeteldiere wat vriendelik en goed weet om mede kantoorgangers rustig voort te laat werk.

Missie.


Huur 'n lessenaar.


Hieronder volg drie voorgestelde werks opsies. Hierdie pakette gee toegang tot 'n gedeelde kombuis, joga en meditasie studio sowel as 'n byeenkoms fasiliteit. Indien u enige voorstelle of vereistes het, laat ons gerus weet deur hierdie form in te vul.

  • Dag lessenaar
  • *1GB Optop internet
  • Voorafbetaalde drukwerk & skandering
  • Kantoor lessenaar en & stoel
  • Toesluitkas
  • ZAR 200
    per dag

  • Week lessenaar
  • *5GB Optop internet
  • Voorafbetaalde drukwerk & skandering
  • Kantoor lessenaar en & stoel
  • Toesluitkas
  • Gekontroleerde toegang met vingerafdruk identifikasie
  • Afslag op joga lesse
  • ZAR 600
    per week

  • Maand lessenaar
  • *20GB Optop internet
  • Voorafbetaalde drukwerk & skandering
  • Kantoor lessenaar en & stoel
  • Toesluitkas
  • Gekontroleerde toegang met vingerafdruk identifikasie
  • Afslag op joga lesse
  • Gratis weeklikse joga les
  • ZAR 2000
    per maand

Kompetisie


Vul asseblief die vorm in indien u belangstel om 'n kantoor ruimte deel in die Kaapse Wynland. Staan 'n kans om webwerf vir jou besigheid te wen te waarde van R5000, een van vyf werksplekke vir 'n maand ter waarde van R2000 of een van tien joga pakette ter waarde van R500. T&V's is van toepassing.

Kontak.


Lizet Mulder Charles Mulder
  Nie 'n robot nie? Vonkpos my.   Nie 'n robot nie? Vonkpos my.
+27 76 561 2411 +27 83 653 3698

Developed by cm. Powered by w3.css